Amerikaanse Gewapende Magte

Amerikaanse Gewapende Magte
Seël van die Amerikaanse Departement van Verdediging
Seël van die Amerikaanse Departement van Verdediging
Seël van die Amerikaanse Departement van Verdediging
Land Verenigde State van Amerika
Tipe Gewapende Magte
Spesialisasie Amfibiese, ekspedisie, lug- en ruimte-oorlogvoering
Hoofkwartier Pentagon
Aantal lede 1 388 103 aktief[1]
849 450 reserwe[2]
Kommandostruktuur Departement van Verdediging
Veldslae Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog
Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Tweede Opiumoorlog
Amerikaanse Burgeroorlog (1861–1865)
Spaans-Amerikaanse Oorlog
Eerste Wêreldoorlog (1917–1918)
Tweede Wêreldoorlog (1941–1945)
Koue Oorlog (1945–1991)
Korea-oorlog (1950–1953)
Viëtnamoorlog (1959–1975)
Golfoorlog (1990–1991)
Irakse Oorlog

Die Amerikaanse Gewapende Magte (Engels: United States Armed Forces) is die gewapende magte (of weermag) van die Verenigde State van Amerika. Dit bestaan uit die Amerikaanse Leër, Amerikaanse Vloot, Amerikaanse Marinierskorps, Amerikaanse Lugmag, Amerikaanse Ruimtemag en die Amerikaanse Kuswag.

Amerika het 'n sterk tradisie van siviele beheer oor hul weermag. Die President is die weermag se opperhoof, en help om militêre beleid te vorm saam met die Verenigde State se Departement van Verdediging (DoD). Die DoD se hoof is die V.S. Sekretaris van Verdediging, wat 'n siviele persoon en kabinetslid is. Die Sekretaris van Verdediging is tweede-in-bevel van alle militêre magte, nét na die President, en dien as die hoofassistent van die President in alle verdedigingsake.

Die gewapende magte van die Verenigde State van Amerika is 'n belangrike instrument in die handhawing van die buitelandse beleid van die Verenigde State van Amerika en die globale posisie van die land is van kardinale belang. Die weermag is reeds vir dekades die beste toegerus, en na die Volksbevrydingsleër van die Volksrepubliek China, die tweede grootste militêre mag (personeelgewys) in die wêreld.

  1. (en) "ARMED FORCES STRENGTH FIGURES FOR SEPTEMBER 30, 2020".
  2. "H.R. 4310 (112th): National Defense Authorization Act for Fiscal Year 2013". GovTrack (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op 4 September 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search